Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 'n Kleindorpse fragment " deur SHEILA CUSSONS
" 'n Kleindorpse fragment " deur SHEILA CUSSONS [boodskap #65065] Do, 25 Julie 2002 14:54
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sheila Cussons
'n Kleindorpse fragment

Is al my paadjies toegegroei?
Ek het so lig oor hulle gegaan,
met spitse kaalvoet kennis hier
en daar net grondgevat
want oral was die aarde een
vyandigheid van hitte, duwweltjie en mier:
ek sien my nog waaghalsig nael
soos sonde oor die werf wat gloei
en bitsig aan my voetvel byt,
en, kop omlaag, my vasloop teen
die hele Maandagwasgoeddraad
se haelwit selfgeregtigheid.
Vorige onderwerp: " Scriba van Egipte " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Bram Fischer " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 16:42:44 MGT 2024